Grasdakke
Nel Lapas & Konstruksie BK bied die volgende in grasdakke en “Thatch” Teëldakke:
- Konstruksie en dek van nuwe huise, lodges en lapa’s.
- Uitbreidings op bestaande grasdakke.
- Vervanging van enige vrot plant staanpale, gebreekte of gekraakte ringbalke en- kappe, sonder die verwydering van die gras.
- Kam, herstel en sit gras in waar nodig op grasdakke in enige kondisie.
- Kam en dekking van ‘n 120mm laag van nuwe gras oor die bestaande dak.
- Verwydering van ou gras en herdekking op die bestaande konstruksie.
- Vernis van alle houtwerk.
- Versterking van die huidige konstruksie met ekstra kruisbalke, boute en moere.
- Die verwydering van gras en sementnokke en dit te vervang met veselglasnokke. As dit behoorlik in stand gehou word sal dit vir ewig hou.
- Installering van “Thatch” teëldakke op paalkonstruksies met Kaapse dekriet as plafon.
- Verandering van grasdakke na “Thatch” teëldakke, met Kaapse dekriet as plafon.
- Installering van weerligafleiers. Toetsing en sertifisering.
- Die materiaal wat ons gebruik is alles SABS goedgekeur.
- Al die pale wat ons gebruik is CCA behandel.
- Ons gebruik Kaapse riet vir plafonne en Hoëveld gras vir dekking.
- Ons verskap veselglas nokkke.
- Daar bied ‘n 10 jaar waarborg op ons vakmanskap van nuwe konstruksies.
- Ons sal enige geskrewe kwotasie van ‘n geregistreerde besigheid verbeter op kam en herstel van grasdakke!






